W.G. Huijgen en A.J.H. Pleysier, De wetgeving op het notarisambt
Kluwer 2001
ISBN: 90 268 3886 7
Die werk bevat ’n bespreking van die Wet wat die kodifisering beliggaam van die formele reg betreffende die notaris se toetrede tot en die beoefening van sy amp en die vestiging en bestuur van sy praktyk. Dit beslaan sowat 300 bladsye: i tot xvii vir die titelblad, inhoudsopgawe, lys van afkortings, opgawe van literatuur en woorde vooraf; 170 bladsye vir die teks en iets meer as 100 vir die sewe bylae, die vonnisregister, wetsartikelregister bladwyser en ’n lys van drie en ’n half bladsye van werke oor die Notariaat en gebiede van die reg waarin die notaris praktiseer, soos erfreg, familiereg en eiendomsreg; ’n eksemplaar van die Wet is afgedruk as Bylae I, p 171 tot 209. Die beknopte “Trefwoordenregister” sal waarskynlik toereikend wees vir iemand wat kennis het van die vak en wat die werk reeds ken. Aan die einde van die aantekening “Ten Geleide” spreek die skrywers die hoop uit “dat dit werk de weerbarstige materie enigszins toegankelijk maakt voor de student” (x). Die materiële reg kom slegs terloops ter sprake.
Ten spyte van my gebrek aan kennis van die Nederlandse Reg in die algemeen en van die formele reg betreffende die notariële praktyk in die besonder, en ten spyte van my beperkte begrip van die Nederlandse taal, kon ek tog met ’n bietjie inspanning dit wat ek gelees het interessant vind en die pittige styl geniet. My bespreking hieronder dien ter bekendstelling van die boek aan Suid-Afrikaanse lesers.
Die twee skrywers het die werk onder mekaar verdeel en ek verwys meesal na “die skrywer” wanneer ’n spesifieke onderwerp ter sprake is. Ek verstrek tussen hakies die bladsynommer of die nommer van die wetsartikel.
Lappendeken
Nadat die Nederlandse Wet op die Notarisamp van 1842 vir “ruim 155 jaar van kracht” was, het dit as gevolg van tallose veranderinge ‘n “opgelapte indruk” gemaak en het dit “een beetje een lappendeken geworden”. Dit is gevolglik in 1999 vervang deur ’n nuwe wet, “de Wet Op Het Notarisambt” (verder hierin “die Wet” genoem). Die skrywers meld dat die nuwe wet homself van die vorige onderskei deur ‘n “liberalisering van verschillende facetten van het notariaat“: vryer “vestiging” van notarisse, vryer tariewe en meer vryheid om ook as deeltydse notaris te kan funksioneer.
Kandidaat, Eenpitter
By die lees word dit duidelik dat die amp van die notaris in Nederland ’n veel wyer veld dek as in Suid-Afrika. Die notaris het daar onder meer met die oordrag van eiendom te make, nie net met die oordrag van saaklike regte in eiendom soos by ons die geval is nie. Dit blyk verder ook dat sy betrokkenheid by die stelsel veel meer omvangryk is as dié van die notaris en die aktebesorger by ons.
Slegs iemand wat by koninklike besluit as sodanig benoem en beëdig is, is bevoegd om “authentieke” aktes te verly en om die titel notaris te gebruik (aa 2 en 3 van die Wet). Vir benoembaarheid word onder andere vereis (a 6) dat die kandidaat die voorgeskrewe akademiese kwalifikasie besit (a 6.1), dat die kandidaat-notaris “gedurende een stage van ten minste zes jaren werkzaam zijn geweest op één of meer notariskantoren in Nederland” soos bedoel in artikel 31 (a 6.2). Die “teller”begin eers loop na die behaling van die “notariële doctoraal” (26).
Vroeër, toe daar ’n numerus clausus vir notarisposte was, kon ’n benoeming slegs “op een vacant protocol” plaasvind (17). Onder die nuwe Wet kan “iedereen die in de termen valt … solliciteren”, mits die finansiële vooruitsigte voldoende is (17). As daar “in een gemeente” ruimte vir ’n nuwe pos is, het “iemand die een associatie met een bestaand kantoor in het vooruitzicht heeft, bedrijfsekonomisch een beter prognose dan iemand die het voornemen heeft zich als ‘eenpitter’ te vestigen” (30). “(H)et starten van een solitair kantoor is waarlijk geen kleinigheid” (18).
Een gespreid bedje
’n Nuwe vereiste waaraan die “sollicitant” moet voldoen, is dat hy ’n ondernemingsplan moet indien waaruit dit blyk dat hy kan bekostig om ’n kantoor te bedryf in ooreenstemming met die eise van die amp, en dat op redelike gronde verwag kan word dat die praktyk na drie jaar kostedekkend uitgeoefen kan word. “Indien een kandidaat welkom is in eene bestaande maatschap waar een notaris uitvalt, en hij dus wat dat betreft in een gespreid bedje terechtkomt, is het vereiste van een full-scale-ondernemingsplan eigenlijk wel erg zwaar” (27, 28).
Onafhanklikheid, onpartydigheid, sorgvuldigheid en lijdelikheid
Die notaris oefen sy amp uit in onafhanklikheid en behartig die belange van al die partye wat by die regshandeling betrokke is op onpartydige wyse en met die grootste moontlike sorgvuldigheid (46). Hy word nie belet om as party-adviseur op te tree nie, mits hy sy posisie aan die betrokkenes openbaar
.
“In de praktijk ziet men wel, als gezegd, dat een adviserende notaris op een gegeven moment, met toestemming van de andere partij, de pet van ‘neutrale’ notaris opzet en in de betrokken zaak een akte passeert. … De onpartijdigheid is ook in ander opzicht geen absolute eis. Het feit dat een notaris verplicht is aan partijen duidelijk te maken waar hun transactie op neer zal komen (de ‘Belehrungspflicht’, waarover artikel 43 lid 1) zal in feite met zich mee kunnen brengen dat de notaris de ene, zwakkere partij in bescherming neemt tegen de andere” (47).
Oor die sorgvuldigheidsplig word die volgende gesê:
“Het vereiste van de ‘zorgvuldigheid’ geldt ook voor de niet-ambtelijke werkzaamheden, zoals voor iedere vakman geldt dan dat hij meer moet kunnen en doen dan de gemiddelde Nederlander. Daar hebben we de Wet op het notarisambt niet voor nodig: dat volgt uit het gewone contractenrecht” (47).
Die notaris is verplig om amspligte te lewer. “‘Schriktarieven’, bijvoorbeeld om boedeltjes buiten de deur te houden” is in stryd met die beroeps- en gedragsreëls (55).
Interdissiplinêre praktyk en samewerkingsverband
Die skrywer bespreek sake soos interdissiplinêre samewerking, administratiewe aangeleenthede en beroeps- en gedragsreëls in die algemeen wat deur die Wet gereguleer word. In verband met samewerkingsverbande sê die skrywer:
“’Echte’ associaties met accountants (in de zin dat notarissen en accountants winst of zeggenschap delen) zijn er dan misschien nog niet, maar allerlei inventieve constructies voor samenwerking tussen notarissen en accountants komen in de praktijk al voor. Dit zal wel niet stroken met de opvatting van die de staatssecretaris. Ook hier voert de wetgever naar het zich laat aanzien, een achterhoedegevecht. Men kan zich overigens afvragen of een combinatie met een accountant het functioneren van een notaris minder in gevaar zou brengen dan een combinatie met een advocaat of een belastingadviseur” (48).
Mandarijn en Chinees
Die bespreking van artikel 43 van die Wet (109), wat te make het met die voorskrifte betreffende die verlyding en attestasie van ’n akte, lewer ook interessante insigte: Dié artikel vereis dat die partye by die akte en “de bij het verlijden van de akte eventueel verschijnende andere personen (zoals vertegenwoordigers)” tydig tevore geleentheid moet hê om van die inhoud van die akte kennis te neem. Voordat die notaris tot verlyding oorgaan, deel hy die persone wat verskyn mee wat die saaklike inhoud van die akte is en “geeft daarop een toelichting“. Indien die notaris om welke rede ookal (byvoorbeeld, die komparant is ’n blinde (96)) besluit om die akte in die teenwoordigheid van getuies te laat teken, moet die notaris die volledige teks voorlees, op straf van verlies van “authenticiteit”. In ander gevalle lees die notaris in elk geval die volgende voor: (1) die voorname, die naam en die “plaats van vestiging van de notaris” en die datum en plek van verlyding van die akte; (2) die gegewens van die verskynende persone en van die partye; en (3) die slot.
Met (mededeling van die) “zakelijke inhoud” word volgens die skrywer bedoel dat die notaris in “gewone-mensenwoorden”vertel waarop die akte neerkom. Tot my verkneukeling voeg hy daarby: “Deze ‘vertaalslag’ vanuit het juridische mandarijnenchinees is een van de aardigste aspecten van het passeren van de akte” (107).
Die notaris verduidelik aan die partye die gevolge wat uit die inhoud van die akte voortvloei. Hierdie is deel van die notaris se “Belehrungspflicht”. Die Wet bevat skynbaar nie voorskrifte met betrekking tot die blinde (96), dowe (108) en stom (109) komparante, nie en moontlike werkwyses word in die teks aan die hand gedoen.
Verlyding
Vir diegene wat, soos ek, nog nooit kon uitvind waar die woord “verly” vandaan kom of wat presies dit beteken nie, verduidelik die skrywer (84): “Het notariaat gebruikt in verband met het tot stand brengen van een notariële akte vaak het woordje ‘verlijden’. Het woordje ‘verlijden’ betekent oorspronkelijk zooveel als ‘voorbijgaan’, of ook wel: voorvallen, geschieden”. Die handeling kom tot stand
“onder de ogen van de notaris, vandaar dat men kan zeggen dat een akte is verleden ‘voor’ een notaris. Al heel lang echter voelt men de akte niet meer als onderwerp en de notaris als meewerkend voorwerp, maar voelt men de notaris als onderwerp en de akte als lijdend voorwerp: de akte word verleden ‘door’ een notaris. De betekenis van ‘verlijden’ is dan verschoven naar: ’tot stand brengen’. Niettemin komt men in de praktyk de uitdrukking ‘verleden voor een notaris’ nog vaak tegen, men kan beide uitdrukkingen als synoniemen beschouwen.”
In Hoofstuk V, p 83 en verder, oor “De akten, minuten, grossen en afschriften” bespreek die skrywer die verskillende soorte notariële aktes en die vereistes waaraan by die verlyding van ’n notariële akte voldoen moet word om “authenticiteit” te verseker (94)(a 39). Hier lees mens van ‘n “authentieke” akte, ’n onderhandse akte, ‘n “partij akte” en ’n “proces-verbaal akte” en verder van ‘n “originali-akte” en ‘n “brevetakte”. Die “minuutakte” word in die protokol opgeneem (a 38), en ’n afskrif van die “originali-akte” word in die “minutenkast” geberg (91), maar dit is nie vir die skrywer duidelik waarom ’n notaris die originali-akte nie in duplikaat kan maak nie, en “een gaat de deur uit, de ander … komt in de minutenkast”.
Vroom bedrog
Prikkelende gedagtes oor geykte stelwyses in die formulering van aktes verskyn op p 88-89:
“Dat een notaris in zijn akte verklaart dat de comparant dat-en-dat verklaarde levert maar heel betrekkelijk een juiste mededeling op. Praktisch nooit tekent de notaris, als een soort levende taperecorder, de letterlijke woorden van de comparant op. Dat is maar goed ook: bijna niemand zou die woorden spontaan zo kunnen spreken. Dit ‘vroom bedrog’ is uiteraard van alle eeuwen, wij zien dat al in de Griekse papyri omstreeks het begin van onze jaartelling”.
‘n “Authentieke” akte is ’n akte “in de vereiste vorm en bevoegdelijk opgemaakt door ambtenaren aan wie bij of krachtens de wet is opgedragen op die wijze te doen blijken van door hen gedane waarnemingen of verrichtingen”. Die res van die aktes is onderhands. Ingevolge artikel 43-6 lei nie-voldoening aan die voorskrifte van die eerste vier volsinne van a 43-4 tot verlies van “authenticiteit” –
“de vermelding van uur en minuut echter staat in de vijfde volzin. En dat is maar goed ook: hoeveel kantoren set van te voren ‘uur en minuut’ in de akte? En hoe vaak komt het niet voor dat de akte eerder of later wordt getekend dan in de akte staat? Ik blijf in dat verband bepleiten dat in de minuut een ‘gat’ blijft staan waar de passerende notaris, als het moment van tekenen daar is, met de pen uur en minuut invult. In de afschriften kan dan dat gegeven ‘netjes’ wordt verwerkt, de computer is geduldig.”
Artikel 45 bepaal dat die notaris (voordat die akte onderteken word) wysigings in die teks mag aanbring, en gee in besonderhede die reëls weer wat in ag geneem moet word. Hiervan is die eerste dat die deurhaling op sodanige manier geskied dat die oorspronklike teks leesbaar bly. Nalewing van die reëls verseker dat die moontlikheid van vervalsing verklein word. (Die verbetering van foute op ’n manier dat mens dit “skaars kan sien”, wat in sommige kringe by ons aanvaar word, maak die deur wyd oop vir ongeregtigheid.) Die bespreking van die verskillende “renvooitekens” wat bruikbaar is verskaf “prettige” leesstof (112).
Volmagte en identifikasie
By die bespreking op 111 van volmagte waaroor Artikel 44 van die Wet handel, merk die skrywer op: “Er zijn notarissen die het aandurven op een gefaxte volmacht te passeren. In ieder geval moet dan de volmachtakte worden nagezonden en aangehecht”. Die skrywer bespreek die uitdruklike voorskrifte van die Wet betreffende die middele waardeur die komparant (94) en die volmaggewer (96) homself moet identifiseer en ook die stappe wat gedoen moet word om die egtheid van die handtekening op die volmag te verseker. Daar word vir ’n mondelinge volmag voorsiening gemaak (a 44-2), en die skrywer stel ’n volmag wat per e-pos ontvang word op dieselfde voet as so ’n mondelinge volmag.
Koste
Die skrywer merk op dat “De titel over de kosten van de ambtelijke werkzaamheden heeft het overgrote deel van die energie van de wetgever opgeslorpt. Niettemin, of juist daardoor is de regeling lastig te lezen” (123).
Die notaris ontvang nie ’n salaris uit die staatskas nie, maar kry sy beloning, soos by ons, van diegene ten behoewe van wie hy sy dienste verleen (10). Die gedagte is dat notarisse met mekaar meeding deur “een zo goed mogelijk product af te leveren” en nie deur hul dienste teen ’n laer tarief as die buurman te verrig nie. Hieroor word daar geskryf:
“Het werd als zacht gezegd, niet netjes beschouwd klantjes te winnen door – bijvoorbeeld voor makelaars of projectontwikkelaars aktes ’tegen de voorschotten’ te passeren”
- (dit wil sê teen betaling van slegs uitgawes).
Kruissubsidiëring, kartels en kruimelzaken
Die tariefstruktuur wat in Nederland gegeld het, het vir kruissubsidiëring voorsiening gemaak deurdat die meer lonende grondtransaksies en kommersiële werk moes opmaak vir die minder betalende testament- en familiesake. Vanweë die weerstand teen kartels het die vaste tarief (by wyse van ’n oorgang na ’n vrye tarief) plek gemaak vir ’n tarief waarvan daar binne perke afgewyk kan word (125). Die skrywer wys daarop dat laer tariewe in die kommersiële sfeer noodwendig gepaard moet gaan met hoër tariewe in die familiepraktyk. “Ingewikkelde ‘kruimelzaken’ zullen peperduur worden” (124). Hy merk op dat kantore wat allermins behoefte aan “kruimelwerk” gehad het ook onder die ou wet al probeer het om met “zachte drang”die sake na ’n kleiner kantoor te stuur en “eventueel grepen naar het middel van het ‘schriktarief'”. In ’n voetnoot (n 8 op 124) word daarop gewys dat artikel 56 ’n reëling vir maksimum tariewe vir die familiepraktyk gee, omdat gevrees is dat vrye tariewe tot skriktariewe vir die klein sakies in die familiepraktyk sou lei. Al sou die maksimum tarief onder die kosprys lê, sou dit geen rede vir diensweiering wees nie (124). Vir die komende paar jaar verwag die skrywer dat, onderworpe aan die reëling vir die familiepraktyk, skriktariewe hulle sal voordoen en dat in die relatief dun bevolkte dele van die land notarisse deur die wind van konkurrensie sal verdwyn sodat ’n mens vir notariële dienste na die groter stede sal moet gaan.
Toesig en tug
Die bespreking van die tugreg en die notaris se aanspreeklikheid, in die geval van versuim om die vereiste sorgvuldigheid aan die dag te lê, vir beroepsfoute en pligsversuim, neem sowat 30 bladsye of amper ’n vyfde van die teks in beslag, en dit is duidelik dat die tug in die praktyk deeglik toegepas word. Verskillende kamers van toesig waak oor die goeie uitoefening en die eer en aansien van die notarisamp, en daarbenewens is daar die finansiële toesig wat opgedra is aan die Bureau Financieel Toezicht wat onafhanklik staan van die kamer van toesig wat oor die notariaat in die algemene waak. Dit is interessant om daarop te let dat die notaris jaarliks van sowel sy kantoorvermoë as van sy private vermoë ’n opgawe moet indien wat vergesel moet gaan van ‘n “accountantsrapport”. Hy word ook verplig om van die huweliksgoederegemeenskap waarin hy getroud is ” ’n deugdelijke administratie bij te houden” (65, a 24(2)).
Aanspreeklikheid en versekering
Wat betref die moontlike beperking van aanspreeklikheid van ’n notaris vir beroepsfoute, word die volgende opgemerk (162):
“De laatste decennia is met de groei van het aantal claims op grond van beroepsfouten tegen notarissen de vraag naar de mogelijke beperking van de aansprakelijkheid steeds urgenter geworden.”
Die uitsluiting van aanspreeklikheid vir opset of growwe skuld sou in stryd wees met artikel 3:40 lid 1 van die Burgerlike Wetboek. Uit die kort bespreking wat volg blyk dit ook dat uitsluiting van aanspreeklikheid benede die bedrag wat deur versekering gedek word of wat teen ’n redelike premie versekerbaar is, ook ontoelaatbaar is.
Algemene opmerkings
Die deftige swart omslag is van ’n fyn materiaal en dit is aangenaam om die boek te hanteer. Dit is helder gedruk en soepel gebind sodat dit selfs in sy splinternuwe staat gemaklik op die hand ooplê. Kortom, dit is ’n stuk werk waarop ’n drukker trots kan wees.
Hier is ’n boek vir die aspirant notaris én vir die deurwinterde praktisyn én vir die akademikus. En vir almal met ’n belangstelling in die regskultuur. Alhoewel die teks nie direk op die Suid-Afrikaanse Reg betrekking het nie, dra die lees van hierdie boek by tot die vestiging van ’n breër regsagtergrond en die aankweek van ’n sensitiwiteit vir die gemeenskaplike regskultuur waaraan ook die Suid-Afrikaanse stelsel grotendeels sy beginsels ontleen. Op ’n baie praktiese vlak benadruk dit die dissipline wat die notaris moet gehoorsaam en wat hom ’n aanspraak gee op die vertroue wat in hom gestel word, soos blyk uit die woorde van die griffier in sy sertifikaat van waarmerking wat in die Engels lui “that to all Acts, Instruments, Documents and Writings subscribed by him in that capacity full faith and credence are given in Court and thereout”.<BR>
P.A. Kloppers